CrimeHard newsNewsNews

Ballistiese kenner getuig in Heunis saak

"Haar linkerarm was plat teen haar lyf toe sy dood is - sy het dus nie Heunis se poging tot selfdood met hierdie hand probeer afweer nie. Sy kon ook nie haar regterhand gebruik nie - sy het voor haar gekyk, soos die reguit lyn wat die koeël deur haar liggaam gemaak het, bewys" - Christiaan Mangena.

MBOMBELA – Kapt. Christian Mangena, ‘n ballistiese kenner wat ook tydens Oscar Pistorius se verhoor getuig het, is vanoggend as getuie geroep tydens die moordverhoor van mnr. Johan Heunis.

Hy word van die moord op me. Michelle Curgenven aangekla. Volgens Mangena strook Heunis se pleitverduideliking nie met die ballistiese verslag wat hy opgestel het nie.

Heunis het beweer dat hy homself wou skiet en dat Curgenven die pistool uit sy hand probeer klap het toe ‘n skoot afgaan en haar getref het.

Die afwesigheid van genoegsame kruitneerslag op Curgenven se klere en liggaam dui daarop dat die pistool se loop twee tot drie millimeter van haar vel was toe die doodskoot afgevuur is.

Volgens die spoor wat die koeël gelaat het, het sy voor haar gekyk toe sy geskiet is. “Daar kan ‘n reguit lyk getrek word tussen die plek waar die koeël haar liggaam binnegedring het, die plek waar die koeël haar liggaam verlaat het en die plek waar die koeël die voertuig waarin sy gesit het se deur getref het.

Haar linkerarm was plat teen haar lyf toe sy dood is – sy het dus nie Heunis se poging tot selfdood met  hierdie hand probeer afweer nie.  Sy kon ook nie haar regterhand gebruik nie – sy het voor haar gekyk, soos die reguit lyn wat die koeël deur haar liggaam gemaak het, bewys.

Die staat het hierna sy saak gesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button