Hard newsNewsNewsUpdate

Huis en haard die beste plek vir man se herstel

"Dit is werklik slegte nuus vir ons, maar ons kan net dankie sê aan die medies vir alles wat hulle vir Wimpie die afgelope agt maande gedoen het. Ek glo dat al ons gebede verhoor is en dat die Here ons verder deur hierdie moeilike tyd sal dra."

LYDENBURG – ‘n Volle 242 dae nadat die 24-jarige mnr. Wimpie Boshoff byna leweloos langs die pad in die Longtompas gevind is na hy beheer oor sy motorfiets verloor het, het ‘n see van blou dié jongman by ‘n ouetehuis in sy tuisdorp ingewag.
Familie en vriende het Vrydag saamgedrom om nie net hul ondersteuning aan die Boshoffs te betoon nie, maar ook hul dankbaarheid vir die Here se genade om hul seun, kleinseun, boetie en vriend weer nader aan hulle te bring nadat die mediesefonds hulle ingelig het dat dit uitgeput is.

original 2
Volgens Wimpie se ma, Ina het die medies wel goedkeuring gegee dat hy met die ambulans van M-Care in Mbombela na Lydenburg vervoer kan word, maar dat geen onkoste aan fisioterapie verder gedek sal word nie. “Dit is werklik slegte nuus vir ons, maar ons kan net dankie sê aan die medies vir alles wat hulle vir Wimpie die afgelope agt maande gedoen het. Ek glo dat al ons gebede verhoor is en dat die Here ons verder deur hierdie moeilike tyd sal dra.”

Marle butler
Wimpie se sussie, Joey is egter oorstelp van vreugde dat haar boetie terug in die dorp is. “Na agt maande se op- en afgejaag van hospitaal tot hospitaal, is dit lekker om my boetie terug in Lydenburg te hê,” het sy gesê en bygevoeg dat sy glo dinge nou beter sal wees omdat hy naby sy mense is wat soveel vir hom omgee. “Die dorp was leeg sonder my boetie en dis lekker om hom hier te hê.”

Wimpie is sowat 85m van die punt van impak gekry en het ernstige breinbeserings in die motorfietsongeluk opgedoen. Sy skedel moes in ‘n noodoperasie verwyder word, maar weens nalatigheid kon dokters dit nie terugsit nie omdat sy skedel nooit gevries is nie, en gevolglik gevrot het. ‘n Plastiekskedel is intussen oor sy brein geplaas.

Wimpie kan nie praat nie en het reeds 40kg sedert die ongeluk verloor. Hy ontvang voeding deur ‘n buis. Sy ma is nou vir sy terapie verantwoordelik.

wimpie 1

1 november 022 original

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button