Hard newsNewsNews

Saak teen vermeende bedrieër sloer steeds

Verlede week was die derde keer dat die hof die saak moes uitstel sedert Poole se arrestasie in Durban in September.

SANDTON – Nog ‘n week en nog ‘n uitstel in die hof. Mnr. Derek Poole se verhoor op bedrogklagtes is Donderdag in die Wynberg Landdroshof wéér uitgestel omdat hy sukkel om die geld bymekaar te skraap om sy regsverteenwoordigers te betaal.

Dit is die derde keer dat die hof die saak uitstel sedert Poole se arrestasie in Durban in September. Hy is aangekeer nadat hy versuim het om vir sy hofverskynings op te daag terwyl hy uit op borgtog was. Poole het ook sy laaste twee hofverskynings in Mbombela en Hazyview misgeloop. Hier staan hy tereg op ‘n bedrogklagte in Hazyview sowel as klagtes van bedrog en aanranding in die Nelspruit Landdroshof.

Die saak in Gauteng is tot 13 November uitgestel. Poole bly in aanhouding.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button