Hard newsNewsNews

Beweerde besit van kinderpornografie – ouers verskyn weer op 14 November

'n Ouerpaar van Barberton is verlede jaar gearresteer nadat kinderpornografie glo op hul selfoon ontdek is. Hul verskyn oor 8 dae weer voor die hof.

MBOMBELA – ’n ouerpaar van Barberton wat op 23 November 2013 weens die beweerde besit van kinderpornografie gearresteer is, het Vrydag weer in die Nelspruit Streekshof verskyn.

Die pa (37) en ma (33) het glo beoog om ‘n selfoon te verpand aan die plaaslike Cash Converters, waartydens daar op pornografiese
videomateriaal van hul sewejarige dogtertjie afgekom is.

Die winkeleienaar het die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) geskakel en die
ouers is summier gearresteer.

Nadat hulle op 25 November 2013 in die Nelspruit Distrikshof verskyn het, is borg aan die beskuldigdes toegestaan. Die saak sou Vrydag hervat, maar is uitgestel tot 14 November. Volgens Me Magda Marais, die staatsaanklaer in die saak, is die rede hiervoor dat die beskuldigdes ‘n advokaat wil aanstel om hulle te verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button