Hard newsNewsNews

Laeveldse Skouterrein in die mark, huurders soos Stables moet uit

uurders het inderdaad kennis ontvang om die terrein te ontruim omdat sekere beperkende voorwaardes in die titelakte T12164/1952 nie toelaat dat daar huurders op die terrein kan wees nie, met uitsluiting wanneer daar 'n skou gehou word

MBOMBELA – Partytjiediere sal van vroeg volgende jaar af maar op ‘n ander plek moet gaan skoffel. Laeveld Skouterrein gaan verkoop word en alle huurders by hierdie perseel – Stables inkluis – moet aan die einde van Februarie volgende jaar padgee.

Mnr. P.J. du Preez van Kruger and Partners inc. is die skouvereniging se regsverteenwoordiger en het hierdie week bevestig dat die eiendom in die mark geplaas gaan word. Die stad se geskiedenisboeke gaan heel moontlik herskryf word omdat die toekoms van jarelange instellings op Mbombela se kalender – soos die Laeveld- Agri-, Buitelug- en 4×4-skou – ook in die weegskaal is.

Die skoukomittee bestaan reeds sedert 1948 en die eerste skou is in 1949 gehou. Die boeremark word ook elke maand hier aangebied. Die skouterrein behoort aan die trustees van die Laeveld Skouvereniging. Daar was al lank bespiegelinge dat die terrein verkoop sou word en dit is uiteindelik hierdie week bevestig.

“Die skouvereniging beoog tans om die eiendom in die mark te plaas, maar meer duidelikheid hieroor sal na verdere samesprekings binnekort aan u (Laevelder) voorsien word,” het Du Preez in ‘n verklaring gesê.

“Huurders het inderdaad kennis ontvang om die terrein te ontruim omdat sekere beperkende voorwaardes in die titelakte T12164/1952 nie toelaat dat daar huurders op die terrein kan wees nie, met uitsluiting wanneer daar ‘n skou gehou word,” het Du Preez gesê.

Die skouvereniging sou Woensdag vergader en oor sy lot besluit – óf hulle gaan ontbind óf hul werksaamhede elders voortsit. Du Preez het egter gesê dat dié kwessie nog nie bespreek is nie en later uitgeklaar sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button