Hard newsNewsNews

Vermdeende ryloper-rower en brandstofdief kry die trekpas terug Gauteng toe

Nadat die saak teen hom teruggetrek is in die Nelspruit distrikshof, is Theo Rossouw weer op vrye voet.

MBOMBELA – Dis saak teen die vermeende brandstofdief en ryloper-rower, mnr Theo Rossouw, is presies twee maande nadat hy gearresteer is, teruggetrek.

Rossouw, oorspronklik van Centurion, is op 7 September by die Belladonna Drankwinkel gearresteer nadat klagtes oor ‘n petroldief die rondte gedoen het. Slagoffers wat geval het vir sy valse voorwendsels van ‘n vervoerdiens is langs die pad opgelaai, beroof en weer afgelaai.

Nadat Bossies Community Justice via Facebook die gemeenskap bedag gemaak het op ‘n man in ‘n wit bakkie wat glo hierdie benadering volg, is Rossouw vinnig aangekeer. Hy is aangekla van roof met verswarende omstandighede en diefstal en het om borg aansoek gedoen. Sy woonadres in Centurion kon nie bevestig word nie en hy het die borgaansoek teruggetrek.

Rossouw het versoek dat hy die geleentheid gegun word om die saak buite die hof te skik, maar die eerste poging daartoe het misluk aangesien die klaer en getuies nie opgedaag het by die beoogde mediasie-sessie nie. Die saak is uitgestel tot 7 November en die saak teen Rossouw is op hierdie datum teruggetrek.

Hy kan nou teruggaan Gauteng toe. Twee maande in die Laeveld-tronk het hom sekerlik die geleentheid gebied om oor sy lewe te besin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button