CrimeNewsUpdate

Vermeende bedrieër verskyn uiteindelik weer in Witrivier-hof

Dit is nie duidelik wanneer mnr. Derek Poole weer in die Nelspruit Landdroshof sal verskyn nie.

WITRIVIER – Die vermeende bedrieër wat lank soek was, het verlede week uiteindelik weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Mnr. Derek Poole is in September in Durban gearresteer, nadat hy sedert begin Augustus soek was. Hy het sy laaste drie hofverskynings in drie verskillende howe misgeloop en lasbriewe is vir sy inhegtenisname beteken.

Hy is later in KwaZulu-Natal aangekeer omdat hy sy hofverskyning in die Wynberg Landdroshof in Sandton misgeloop het.

Hy was uit op borg, maar is sedert sy arres daar in polisieaanhouding. Poole het Woensdag in Witrivier op ‘n bedrogklag verskyn. Die saak is tot 20 November uitgestel. In Gauteng staan hy ook op klagtes van bedrog tereg.

Die saak word telkemale uitgestel om Poole die kans te gun om sy regsverteenwoordigers te betaal. Hy sal na verwagting weer Donderdag daar verskyn.

Boonop staar hy ook bedrog- en aanrandingsklagtes in Mbombela in die gesig. Dit is nie duidelik wanneer hy weer in die Nelspruit Landdroshof sal verskyn nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button