Hard newsNewsNewsUpdate

Beskuldigdes in “graaf”-moordsaak weer in die hof vandag

Hulle wou na bewering haar veë steel, maar het haar glo ook met 'n graaf aangerand waarna sy gesterf het.

MBOMBELA – Drie inwoners van Acornhoek wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n 73-jarige vrou met ‘n graaf doodgeslaan het, verskyn vandag weer voor die hof.

Mnre. Pleasure Ngobeni (20), Solly Bedwell Zitha (38) en me. Ilinah Magagulah (43) het Donderdag in die Nelspruit Streekshof verskyn in verband met die aanranding en moord van me. Vhamija Tibane, ‘n 73 jarige vrou in 2009.

Hulle staan tereg op aanklagte van aanranding, roof met verswarende omstandighede , opsetlike saakbeskadiging en moord nadat hulle glo vir me. Tibane met ‘n graaf aangeval het toe hulle haar veë wou steel.  Sy het aan haar beserings beswyk.

Die verhoor is na die Nelspruit Streekshof oorgedra en die drie beskuldigdes het Donderdag vir die eerste keer in Mbombela verskyn.

Lees die vorige artikel hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button