Hard newsNewsNews

Hofsaak rakende onwettige jagaktiwiteite gaan steeds voort

Drie beskuldigdes in 'n saak rakende onwettige jagaktiwiteite moet in April 2015 weer in die hof verskyn

‘n Voormalig ondersoekbeampte van Hazyview sal op 14 April 2015 saam met twee medebeskuldigdes in die Nelspruit Streekshof verskyn op aanklag van onwettige jagaktiwiteite. Die saak teen die drie is op 3 November uitgestel.

Mnr. Tsepo Malope is op 25 Mei 2013 in die omgewing van die Phabeni-hek van die Nasionale Krugerwildtuin gearresteer. Hy was glo besig om onwettige jagaktiwiteite te beoefen toe hy gewond is. Hy is hospitaal toe geneem waar sy skietwonde behandel is en is in die hospitaal deur die polisie ondervra.

Malope het tydens hierdie ondervraging genoem dat Jabulane Ngomane en Patrick Mokoena ook by die beoogde onwettige jagaktiwiteite betrokke was.

Ngomane en Mokoena is onderskeidelik op 6 en 27 Junie gearresteer. Malope se twee medebeskuldigdes is vantevore aangekla van roof nadat ‘n .303 jaggeweer van mnr. Bruce Night van Hazyview gesteel is. Hierdie jaggeweer is gekonfiskeer toe Malope aangekeer is.

Nadat die saak op 27 Oktober vir ‘n week uitgestel is omdat Mokoena vir sy advokaat instruksies wou gee, is die saak op 3 November wéér uitgestel tot 14 April 2015.

Mokoena se borg is verleng, terwyl die ander twee beskuldigdes tot dan agter tralies bly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button