MBOMBELA – Die saak teen drie inwoners van Acornhoek wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n 73-jarige vrou met ‘n graaf doodgeslaan het, sal weer op 23 Januarie 2015 in die Nelspruit Streekshof hervat word.
Mnr. Pleasure Ngobeni (20), mnr. Solly Bedwell Zitha (38) en me. Ilinah Magagulah (43) staar aanklagtes van aanranding, roof met verswarende omstandighede, opsetlike saakbeskadiging en moord in die gesig. Hulle het na bewering op
23 Desember 2009 me. Vhamija Tibane (73) met ‘n graaf aangeval terwyl hulle van haar vee gesteel het. Die slagoffer is tydens hierdie aanranding ernstig beseer en het aan haar beserings beswyk.
‘n Polisieverklaring is Donderdag as getuienis teen die beskuldigdes voorgehou, maar ‘n binneverhoor gehou moes word om vas te stel of dit as getuienis gebruik mag word. Dit het aan die lig gekom dat die datum drie dae laat gedateer is. Uitsluitsel rakende die toelaatbaarheid van die verklaring sal verkry word wanneer die verhoor hervat word.
Lees die vorige artikel hier.
