NELSPRUIT – ‘n Ouerpaar van Barberton wat daarvan verdink word dat hulle pornografie van hul eie dogter op selfoon vasgelê het, sal na verwagting in April volgende jaar verhoor word.
Die paartjie het op 23 November 2013 glo gepoog om ‘n selfoon by Cash Crusaders in Mbombela te verpand toe die winkelassistent glo op pornografiese videomateriaal van hul sewejarige dogtertjie afgekom het. Hy het die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) geskakel en die pa (37) en ma (33) is dadelik gearresteer.
Hulle het op 25 November 2013 in die Nelspruit Streekshof verskyn en borg is aan die beskuldigdes toegestaan. Hulle was Vrydag weer vlugtig in die hof en ‘n verhoordatum van 20 April 2015 is bepaal.
Lees vorige artikel hier.
