Local newsNews

Engelesang wat jou hartsnare sal roer

Met Lindie Strydom as aanbieder kan jy verseker wees dat jy die jaar op 'n hoë noot gaan afsluit.

MBOMBELA -Die Loffees is om die draai en beloof om ‘n pragvertoning te wees. Soos Laevelders reeds weet, is hierdie ‘n geleentheid wat niemand moet misloop nie. Nianell, Andriëtte Norman, David Fourie, Onbeskaamd, Rudie Muller, Vasti, Rochelle en Leandri & Eugene beloof om topvermaak te bied. Met Lindie Strydom as aanbieder kan jy verseker wees dat jy die jaar op ‘n hoë noot gaan afsluit.

Rudi is ‘n inheemse naam in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy is nie net gewild vir sy talle treffers en albums nie, maar is ook ‘n bekende gesig by die organisering van verskeie feeste. Na skool het Rudi by sy familiebesigheid aangesluit, wat in galvanisering gespesialiseer het. Hy het in daardie tyd ook verder sy musikale talent met plaaslike vertonings beproef.

Hy het in 1999 sy groot deurbraak gemaak toe Sting Music sy stralende talent raakgesien het.

Sy eerste album, Kan jy my hoor, het kort daarna die lig gesien. Sy nuutste CD, Tetelestai, plaas die klank van geestelike musiek in ‘n nuwe wentelbaan. Dit is ‘n versameling van liedjies met ‘n internasionale klank wat vêr anderkant

die grense van gospelmusiek die hartsnare sal roer.

Lindie, wat vir haar rol in Egoli bekend is, is nie net die aanbieder van Geloof, Hoop & Liefde, wat op kykNET uitgesaai word nie, maar sy is ook die projekorganiseerder by Helpende Hand. Sy is al vir meer as 10 jaar ‘n gereelde Christelike motiveringspreker en is in 2012 as Finesse se inspirasievrou van die jaar gekroon.

Al die kunstenaars wat deel van hierdie vertoning gaan wees, het ‘n passie vir hul geloof en die mense om hulle. Nie net gaan daar hope vermaak wees nie, maar daar sal ook heerlike pannekoek, kerrie-en-rys en boereworsrolletjies te koop wees.

Die vertoning sal op 7 Desember om 16:30 by I’langa Mall se ingang oorkant Mercure Hotel plaasvind. Alle fondse wat ingesamel word, gaan aan KANSA geskenk word. Feesgangers is welkom om hul eie stoele saam te bring, maar daar sal sitplek wees. Kaartjies kos slegs R20. Navrae: Hanlie Lombaard by 013-742-2287.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button