Hard newsLocal newsNews

Boewe se plan in kiem gesmoor

Die twee mans, een geklee in 'n heldergeel hemp waarop die gesig van pres. Jacob Zuma pryk, het volgens mnr. Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossies Community Justice (BCJ) hulself voorgedoen as werkers van Eskom wat geld invorder.

Twee Eskom-meterlesers het hulle rieme Vrydag vasgeloop toe hulle op die punt gestaan het om ‘n vrou van duisende rande te beroof.

Die twee mans, een geklee in ‘n heldergeel hemp waarop die gesig van pres. Jacob Zuma pryk, het volgens mnr. Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossies Community Justice (BCJ) hulself voorgedoen as werkers van Eskom wat geld invorder.

Volgens Meiring het die verdagtes R30 000 vir ‘n beweerde agterstallige elektrisiteitsrekening van die vrou geëis toe hulle by haar besigheid opgedaag het. Hulle het haar tot by Standard Bank by The Grove agtervolg en die prys op R10 000 vasgestel omdat hulle kontant gesoek het.

Die vrou het egter kop gehou en onmiddellik BCJ in kennis gestel. “Sy het ons dadelik gekontak en die voertuig beskryf waarin die verdagtes buite die bank gewag het terwyl sy die transaksie sou afhandel.”

Terwyl BCJ en Hi-Tech Sekuriteit op die voertuig toegeslaan het, het twee provinsiale SAPD-lede toevallig op dieselfde tyd by die bank opgedaag. “Sonder om ‘n woord vir mekaar te sê, het hulle presies geweet wat aangaan,” vertel Meiring.

Die twee mans is gearresteer en R7 000 is in hul besit gevind. Volgens Meiring hou dit vermoedelik verband met ‘n soortgelyke voorval die vorige dag waarin ‘n bejaarde man die teiken was.

Ten tyde van die voorval was albei verdagtes wel deur Eskom gesubkontrakteur om meterlesings te neem, het Meiring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button