Hard newsLocal newsNews

Twee vermeende diewe loop hul rieme styf

Die verdagtes word verbind aan 'n voorval vroeër vanjaar in die botaniese tuin waar hulle vermoedelik ook by 'n voertuig ingebreek het.

MBOMBELA – Twee mans wat vermoedelik betrokke was by ‘n inbraak vroeër vanjaar by die Laeveld Nasionale Botaniese Tuin, is Woensdag gearresteer nadat hulle by ‘n motorvoertuig ingebreek het.

Dié twee mans in hul laat twintigs tot vroeë dertigs het volgens mnr. Cullem MacPherson van Hi-Tech Sekuriteit, in ‘n gehuurde voertuig op die vlug geslaan nadat hulle ‘n swart sak uit ‘n voertuig wat by die Sonpark-winkelsentrum geparkeer was, gesteel het.

Volgens MacPherson is die voorval op sekuriteitskameras vasgevang en kon die voertuig aan sy nommerplaat geïdentifiseer word. Na skakeling met die verhuringsagentskap kon Hi-Tech Sekuriteit die rigting waarin die voertuig onderweg was, deur middel van ‘n opsporingstoestel in die gehuurde motor, vasstel.

“Soos wat die voertuig beweeg het, het die agentskap ons op die hoogte gehou en kon ons daarin slaag om die booswigte in ‘n stegie in die Riverside-nywerheidsgebied vas te trek.” Die mans is op die plek gearresteer en die gesteelde goedere in hul besit gevind. Volgens MacPherson was daar gelukkig geen waardevolle items in die sak nie.

Die verdagtes word verbind aan ‘n voorval vroeër vanjaar in die botaniese tuin waar hulle vermoedelik ook by ‘n voertuig ingebreek het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button