MBOMBELA – Die drie aanvallers wat op klagtes teregstaan van ‘n grusame aanval op me. Christine Otto op 20 Maart in Burnside, het Donderdag weer in die Nelspruit Streekshof verskyn.
Mnre. Thulane Nonyama, Senzo Masekob en Lucky Msibi is in Junie vanjaar gearresteer nadat die polisie vir drie maande onverpoos na dié beweerde boosdoeners gesoek het. Hulle het Donderdag in die Nelspruit Streekshof verskyn en die saak is tot 20 Mei 2015 uitgestel.
Laevelder het in Maart berig dat Otto na ‘n begrafnis op pad was toe sy om 09:00 deur drie gewapende mans oorval is. Nadat sy nie vir die drie aanvallers die sleutels tot haar kluis wou gee nie, het hulle haar in die stort vasgemaak en wreed aangerand, in die gesig geslaan en met ‘n sweep bygedam. Hulle het haar selfs met ‘n warm strykyster gebrand voordat sy uiteindelik vir hulle gesê het waar die kluis se sleutel is.
Hulle het haar in die stort gelos en is met wapens, juwele, haar motor en ander waardevolle besittings vort. Nadat sy haarself kon loswikkel, is Otto daardie aand na Nelmed vir behandeling geneem waarna sy berading moes ontvang.
Lees die volle storie hier
Lees die opvolg hier
Lees oor die arrestasie hier
