Hard newsNewsNews

Voertuig van vermiste man moontlik gevind

Hy het 'n tattoeërmerk op sy linkerarm wat lees: “Against the grain”. Vandat die foto's van James geneem is, is ligstrepies in sy hare gesit. Indien jy enige inligting het, kontak Sylvia Dick by 072-373-7559 of stefan@lowvelder.co.za.

MBOMBELA – Familielede gaan deur hel nadat mnr. Chris James(27) op 1 Desember as vermis by die polisie in eMalahleni (Witbank) aangemeld is.

Die soektog na James het onlangs vrugte afgewerp nadat ‘n wit Chevrolet Spark met ooreenstemmende registasienommer met James se voertuig, vanmiddag in ‘n plantasie naby Sabie gevind is.

Dit is bevestig deur Konst. Millicent Mdaka, die ondersoekbeampte. Sy het bygevoeg dat die voertuig deur Tracker opgespoor is.  

Sy suster, Sylvia glo vas dat James  vir sy vriendin Lucia, waarvoor hy baie omgee, in Mbombela kom kuier het. Alhoewel sy voertuig gevind is, is hy steeds soek.

“Hy is definitief nie land uit nie, want sy paspoort is steeds hier by my,” sê Sylvia. Die polisie is tans besig om James se foonrekords na te gaanvir moontlike leidrade.

james het ‘n tattoeërmerk op sy linkerarm wat lees: “Against the grain”.

Vandat die foto van James geneem is, is ligstrepies in sy hare gesit. Indien jy enige inligting het, kontak Sylvia Dick by 072-373-7559 of stefan@lowvelder.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button