Hard newsNewsNews

Pille vir kersfees? Hierdie beskuldigde het ander planne gehad en skotvry daarvan afgekom

Hy wou nie noodwendig pille vir kersfees gehad het nie, maar het na bewering bedrieglik te werk gegaan tussen die medisynerakke en die kasregister. Hy is wel onskuldig bevind.

MBOMBELA – ‘n Aptekersassistent wat homself na bewering ten koste van sy werknemer, Van den Berg-apteek, verryk het, gaan Kersfees skotvry by die huis deurbring nadat hy Woensdag in die Nelspruit Streekhof onskuldig bevind is aan bedrog.

Mnr. Dumisane Lubisi is aangekla van bedrog nadat sy beweerde selfverrykingsplan glo deur sy werkgewers ontbloot is. Landdros Me Faith Mahlale het gesê dat staatsaanklaer mnr. Nicholas Nobela die beskuldigde eerder van diefstal moes aangekla het, omdat daardie klag bewys sou kon word. Getuienis voor die hof het meer vertel.

Lubisi het ‘n kasregister in die apteek beman en het geweet dat daar sekere items was wat nie geskandeer hoef te word wanneer klante vir hul aankope betaal nie. Hierdie items was ook nie eers op die rakke beskikbaar nie. Wanneer hy aankope oplui, het hy na bewering ook hierdie items saam met die ander opgelui en homself sodoende bevoordeel.

Hoewel Lubisi homself na bewering hierdeur verryk het, is die bedrag wat daarmee verbind word nie volgens bewysregtelike voorskrifte voor die hof gebring nie. So ook is videomateriaal vir die hof aangebied, waarin die bewysregtelike voorskrifte vir die aanbied van hierdie getuienis nie gevolg nie en is die hof nie toegelaat om dit in ag te neem nie. Geen klant is ooit geroep om voor die hof te getuig oor die nadeel wat hy of sy gelei het as gevolg van Lubisi se beweerde aksies nie.

Mahlale het gesê dat sy die beskuldigde nie skuldig kan bevind nie, omdat die saak teen hom swak ondersoek is. Die beginsels van ons bewysreg is nie gevolg toe getuienis teen die beskuldigde aangebied is nie en sy kon Lubisi huis toe stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button