MBOMBELA – Mnr. Chris James (27) wat sedert 1 Desember as vermis aangemeld is, is terug by die huis nadat hy Vrydagmiddag in Sabie opgespoor is.
James se suster, me. Sylvia Dick, het Laevelder gekontak as deel van haar poging om haar vermiste broer op te spoor nadat hy op die eerste dag van Desember uit sy tuisdorp, eMalahleni, verdwyn het. Die koerant het Donderdagmiddag berig dat Tracker op ‘n wit Chevrolet Spark met dieselfde registrasienommer as Chris se voertuig, in plantasies naby Sabie afgekom het.
Mnr. James is Vrydag naby die bekende Bridal Falls in Sabie opgespoor. Hul ouer broer, mnr. Gavin James, het daarheen gery om Chris te gaan bystaan.
‘n Mediese ondersoek het onthul dat hy gedehidreer was en erge sonbrand opgedoen het toe hy tussen 1 en 12 Desember in die plantasies rondgedwaal het.
Koop vandag se Laevelder vir meer.
Lees die voorafgaande artikel hier.
