Hard newsNewsNews

Slinkse diewe ontneem vrou van foon

Andrea Janse van Rensburg vertel, "Daar was 'n hele skare mense om my so ek het glad niks agtergekom nie".

‘n Niksvermoedende vrou is Saterdag besteel, sonder om dit eers agter te kom. Andrea Janse van Rensburg vertel sy is van haar splinternuwe slimfoon en al haar inkopies ontneem toe iemand agter haar, haar handsak oopgesny het.

Sy was die middag in Riverside Mall besig met inkopies toe haar foon lui. Dié het sy in ‘n kantsakkie van haar groot handsak gedra. “Ek het met my dogter gepraat en sy het nog gevra wat ek in die winkelsentrum op so ‘n besige tyd maak. Ons kon mekaar nie lekker hoor nie en het toe die gesprek afgesluit.”

Sy het die selfoon in die groot sak teruggesit en gestop om na ‘n panfluitspeler te luister. Janse van Rensburg vermoed dit was toe dat iemand haar handsak oopgesny het. “Ek dink iemand moes gesien het dat ek die foon nie in die kantsakkie teruggesit het nie. Daar was ‘n hele skare mense om my so ek het glad niks agtergekom nie.”

Eers toe sy wegbeweeg van die musiek af het sy besef dat haar handsak darem heeltemal te lig voel en toe sy dit oopmaak kon sy regdeur die netjiese sny aan die kant sien. Sy het die saak by die polisie aangegee en wil ander mense waarsku.

“Sedert die voorval let ek veral op hoeveel mense rugsakke of sakke agter oor hul skouers dra. Mense moet baie versigtig wees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button