Hard newsLocal newsNews

Ongeluk eis byna drie lewens

Die afgelope Saterdag was drie plaaslike jongmans baie gelukkig om ter nouer nood aan die dood te ontkom.

KAAPMUIDEN – Die afgelope Saterdag was drie plaaslike jongmans baie gelukkig om ter nouer nood aan die dood te ontkom.

Nico Prinsloo (21), Cassie Pieterse (19) en Johan van den Berg (18) was betrokke in ‘n ongeluk wat die Onderberg-gemeenskap geskok het.

Daar word beweer dat die bestuurder van die silwer Ford Fiesta, na bewering Prinsloo, aan die slaap geraak het en die voertuig het ‘n vragmotor getref toe dit in aankomende verkeer beland het.

Die vragmotorbestuurder het aan die polisie verduidelik dat die Fiesta voor hom ingery het, waarop hy probeer uitswaai het om ‘n ongeluk te vermy.

Die vragmotor was na Mbombela onderweg en die Fiesta na Malalane. Beide voertuie het die pad verlaat. Pieterse is glo uit die motor geslinger toe dit begin rol het. Prinsloo is tussen riete gevind met sy vriend Pieterse in sy arms. Van den Berg het Sondag ‘n operasie aan sy elmboog ondergaan. Volgens ‘n familielid was dit vergruis.

Pieterse word steeds in die intensiewe-sorgeenheid vir hoofbeserings en bloeding op sy longe en ingewande behandel. Teen druktyd was sy toestand stabiel.

Prinsloo was gelukkig om net ligte harsingskudding op te doen alhoewel die beserings van sy vriende hom erg onstel het.
Familielede moes hom kalm hou terwyl personeel van die nooddienste na sy vriende omgesien het.

Securicon-nooddienste het Pieterse gestabiliseer voordat die beseerdes na Mediclinic Neslpruit gehaas is.
Van der Berg word ook steeds in Mediclinic Nelspruit vir sy beserings behandel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button