MBOMBELA – Frans Mokoena word daarvan aangekla dat hy me. Rensia de Wet verkrag en vermoor het.
Hy het Dinsdag in die Nelspruit Landdroshof verskyn op ‘n ander klag, waarvoor hy in die selle in Witrivier gearresteer is. Die beskuldigde was oproerig en is deurgaans deur twee polisiemanne vergesel.
Hy sal weer op 12 Januarie in Witrivier Landdroshof en op 13 Januarie in Nelspruit Landdroshof verskyn.
Mnr. Jacques Meiring van Bossie’s Justice versoek dat gemeenskapslede beide verskynings bywoon en sodoende standpunt inneem teen geweld wat vroue en kinders teiken.
Lees vandag se koerant vir meer besonderhede.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
