Hard newsNewsNews

Staatsvoertuig gebruik vir eie gewin?

Munisipale werker probeer glo hoenders koop met amptelike voertuig.

Van Mbombela Munisipaliteit se nuwe wetstoepassers gebruik glo amptelike voertuie vir eie gewin. Dis volgens ‘n lid van die publiek wat vertel hoe ‘n man met ‘n amptelike voertuig hoenders by Hoogland Boerdery wou koop – moontlik vir die herverkoop daarvan.

Die ooggetuie wou annoniem bly uit vrees vir moontlike viktimisasie. Die persoon vertel ‘n man het op 17 Desember die hoenderboerdery met ‘n wit bakkie besoek waarop Mbombela se wetstoepassers-embleem gepryk het.

“Ek het hom gevra wat hy by ‘n hoenderboerdery met ‘n amptelike staatsvoertuig wil hê. Hy het aangebied om my geld te gee, maar ek het gesê hy moet met sy privaatvoertuig terugkom.”

Hoogland Farms verkoop lewende hoenders. Die getuie vertel hy het gepleit en gesê dit neem kos uit sy kinders se monde as hy nie hoenders kan koop nie.

“Ek het gesê hy moet eerder by ‘n winkel vir sy kinders gaan kos koop en as hy met sy privaatvoertuig terugkeer kan hy al die hoenders koop wat hy wil.”

Die munisipale woordvoerder, mnr. Joseph Ngala sê die gedrag wat beskryf word is ongehoord. “Ons sal dit ondersoek en gepaste stappe neem indien nodig.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button