Vlakvark met windbuks geskiet
Hierdie gemeenskap is bekend daarvoor dat wild gereeld op hul erwe besoek aflê en is woedend oor 'n voorval waar 'n persoon 'n vlakvark beseer het.
MARLOTH PARK – Hierdie gemeenskap is bekend daarvoor dat wild gereeld op hul erwe besoek aflê en is woedend oor ‘n voorval waar ‘n persoon ‘n vlakvark beseer het.
Maandag is ‘n foto van die vlakvark wat met ‘n windbuks geskiet is op Marloth Park se Facebook-blad en Whatsapp-groep geplaas. Volgens inwoners het hierdie voorval in die omgewing van Ratel-, Erdvark- en Steenbokstraat plaasgevind. Die ereveldwagters is in kennis gestel en hulle sowel as die inwoners is op die uitkyk vir die betrokke persoon.
Daar is ‘n dringende beroep op almal gedoen om hulle oë oop te hou en enigiets verdag aan die ereveldwagters en die nuwe vredesregters in die park te rapporteer. Daar is ook uit ‘n anonieme bron verneem dat ‘n man met ‘n windbuks opgemerk is.
Hier is ‘n paar van die inwoners se reaksie op Facebook met betrekking tot hierdie aaklige voorval:
Michael Fletcher: Despicable behaviour. I hope the culprit will be brought to book.
Frank van der Zon: I go back to the rifle that was for sale in a local retailer. The ownership of a pellet gun appears to be condoned by the locals if one follows the conversation. If people want to chase off monkeys or warthogs then turn the hose on them. Pellet guns should be banned in Marloth Park.
Evelyn Grobler: I wonder how the person responsible would feel if he was shot in the face with pellets. This is disgusting behaviour!
Sharron Tulloch: Low-life like that do not belong in Marloth. If you don’t like the animals then go stay in a gutter where you belong.
Thea Sander: One day, it will come back to them. Nobody fools around with animals, children and elderly persons. It will catch up with them in the long run.
