Demone teister glo inwoners van Lelievlei
Ek het Sondagaand toe dit donker word twee ligte buite my kamer gesien wat op-en-af en heen-en-weer beweeg.

LYDENBURG – Vir twee dae is inwoners van Lelievlei-deurgangskamp glo geteister deur “demone of bose geeste”.
Oom Gerhard Strydom, wat al vir die afgelope ses jaar in dié kamp bly het aan Steelburger/Lydenburg Nuus vertel dat dit die eerste keer is dat hy eerstehands so iets beleef.
“Ek het Sondagaand toe dit donker word twee ligte buite my kamer gesien wat op-en-af en heen-en-weer beweeg. Meteens staan daar ‘n onbekende jongman in ‘n rooi hemp langs die reling buite my kamer.r. Ek vra vir hom toe of hy ook die ligte sien. Hy het net sy kop geskud en weggehardloop.”
Later die aand het oom Gerhard sy venters en deure gesluit. “Ek het in die bed gelê en radio geluister. Net na 21:00 het ek die lig afgeskakel. ‘n Ruk na 21:00 was daar ewe skielik twee mense in my kamer. Een het ‘n wit hemp aangehad en die ander een was dieselfde jongman van vroeër.
Lees meer in Vrydag se uitgawe.
