Hard newsLocal newsNewsNews

Vlakvarke loop nog steeds deur

Die sinnelose geskiet van vlakvarke met 'n winbuks kry steeds geen einde nie. Inwoners is nou gevra om op die uitkyk te wees vir die kwaaddoeners en hulle te identifiseer om 'n stewige beloning van R2 000 te ontvang wat hiervoor uitgeloof is.

MARLOTHPARK – Die sinnelose geskiet van vlakvarke met ‘n winbuks kry steeds geen einde nie. Inwoners is nou gevra om op die uitkyk te wees vir die kwaaddoeners en hulle te identifiseer om ‘n stewige beloning van  R2 000 te ontvang wat hiervoor uitgeloof is.

‘n Verdere R3 000 word aangebied indien die verdagte suksesvol vervolg word.

Daar is verlede week weer foto’s geneem en op Marlothpark se Facebook-blad geplaas van nog ‘n vlakvark wat geskiet is. Een van die huiseienaars wat in die Midde-Ooste woon, me. Martie Goddard, het uit raadloosheid en afgryse ‘n aansienlike beloning op die Marlothpark-Facebookgroep aangebied.

Daar is vroeër hierdie maand berig dat een vlakvark met ‘n windbuks geskiet is. Hierdie keer is ‘n ander varkie se een oor raakgeskiet.

Volgens een van die inwoners is dit onwettig om op wilde diere te skiet en is dit iets wat voornemende inwoners en eienaars behoort te weet voordat hulle intrek of eiendom in Marlothpark koop.

Intussen gaan van die ander inwoners plakkate oprig om die publiek se aandag op hierdie wanpraktyk te vestig. Die ereveldwagters is nog op soek na die skuldige persoon.

Daar is ‘n groot moontlikheid dat die persoon in Marlothpark bly aangesien die vlakvarke tot teenaan die wonings wei.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button