Hard newsNewsNews

Man ontsnap net-net uit brandende motor

Hy kon daarin slaag om uit die voertuig te ontsnap voor vlamme dit verdelg het.

‘n Inwoner wat die naweek van Brasilië teruggekeer het, het ‘n noue ontkoming gehad toe sy kar Sondagoggend op die N4 uitgebrand het.
Me. Triston van Huyssteen, ‘n intermediêre lewensondersteuner by Hi-Tech Mediese Dienste wat op die toneel was, sê die ongeluk moes tussen middernag en 01:00 gebeur het.

“Hy was blykbaar op pad terug van die lughawe af in sy Mercedes SUV 500, toe hy by Alkmaar beheer oor die voertuig verloor het. Die kar het gerol en die paaltjies langs die pad uitgerol en op sy dak te lande gekom.

“Die dak het vasgehaak en ‘n klein vuurtjie het ontstaan. Dit het ontwikkel tot ‘n groot vuur en die kar het uitgebrand.”

Wonderbaarlik het die bestuurder, wat alleen in die kar was, nie seergekry nie. Hy kon daarin slaag om uit die voertuig te ontsnap voor vlamme dit verdelg het.

Van Huyssteen het die brandweer en mnr. Greg Fouché vir hul vinnige reaksie bedank.

  • Lees hier van ‘n ander kar wat onlangs uitgebrand het. 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button