Hard newsNewsNewsUpdate

Wilkens se verhoordatum word Maandag bevestig

Die saak teen mnr. Victor Wilkens, wat aangekla word van poging tot moord op sy voormalige meisie, is op 23 Januarie tot Maandag uitgestel.

MBOMBELA – Victor Wilkens (31), wat van poging tot moord op sy voormalige meisie, me. Amanda Joubert (23) teregstaan, se saak is met sy vorige verskyning op 23 Januarie in die Nelspruit Streekshof na Maandag uitgestel.

Joubert het op 16 Januarie 2014 van sy woonstel in Hillside Manor se balkon afgeval en ernstige breinbeserings en frakture opgedoen.

Kliek hier vir Laevelder se onlangse onderhoud met Amanda Joubert.

 

Die voorval is verder deur die polisie ondersoek en Wilkens is daarna in Noupoort, ‘n rehabilitasiesentrum vir alkohol- en dwelmverslaafdes op Colesberg gearresteer. Hy is na Mbombela gebring waar hy in aanhouding gebly het totdat borgtog op 3 Maart verlede jaar aan hom toegestaan is.

Die borgtog wat in 2013 aan Wilkens toegestaan is, is tot Maandag verleng, wanneer ‘n verhoordatum in die saak vasgestel sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button