Hard newsNewsNews

Bekende inwoner neem vermoedelik sy eie lewe

Verskeie boodskappe van medelye is reeds op Cronjé se Facebook-blad geplaas

MBOMBELA – ‘n Bekende inwoner van die stad, mnr. Johan (Panner) Cronjé (34) is vanoggend dood aangetref. Daar word vermoed dat hy selfdood gepleeg het.

Cronjé het in 2013 hoofopskrifte in Laevelder gehaal toe hy byna ‘n maand in ‘n hospitaal se intensiewe sorgeenheid moes deurbring nadat hy deur mnr. Cat Smit by die Engen-vulstasie op die R40 onderweg na Witrivier aangerand is. Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgelê en Smit is van poging tot moord aangekla.

Lees ook: Video wys hoe pa van twee aangerand word

Cronjé is self vroeër hierdie maand van crimen injuria, intimidasie en diefstal aangekla. Hy het tereg gestaan saam met mnr. André Laubscher. Die aanklagtes teen hulle het gespruit uit ‘n voorval waartydens hulle na bewering ‘n klaer en ondersoekbeampte in ‘n diefstalsaak geïntimideer het.

Lees ook: André Laubscher-saga: nog ‘n ou bekende in die beskuldigdebank

Verskeie boodskappe van medelye is reeds op Cronjé se Facebook-blad geplaas. Elzanne Myburgh het ondermeer geskryf: “Pannie, nog so onwerklik dat jy weg is. Kan dit nie glo nie! Nou kan jy en Wit Chris lekker party daar bo saam met die Groot Man. Mis jou al klaar. Sterkte aan die Cronjé-gesin, Zaan en klein Christiaan in die vreeslike moeilike tyd.”

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button