Hard newsLocal newsNewsNews

Brand verwoes byna jong paartjie se eiendom

“Ons is net bly die kinders is nie tydens die brand beseer nie. Behalwe vir al die skade wat gely is, kon dinge soveel erger gewees het,” het me. Johanna Koekemoer, Jacobus se ma, vertel.

BURGERSFORT – Net ‘n week na die brand by ‘n woning in Villa Della Salute, het nog ‘n brand verlede Donderdag by ‘n huis in Elephantshill uitgebreek.

Mnr. Jacobus Koekemoer se huis het erge brandskade opgedoen nadat die kombuis in vlamme opgegaan het. Koekemoer het kos vir sy meisie, me. Janine Steenekamp, weggeneem toe die brand uitgebreek het. Hy was op pad terug toe hy sien sy huis is aan die brand. Koekemoer se pa, Cobus, en buurman, mnr. Danie Greeff, het gehelp om die brand onder beheer te kry, maar daar was reeds skade aan die woning. Meubels, kruideniers- en kombuisware is in die brand verwoes.

Skade is aan die hele kombuis en dele van die sitkamer aangerig. Die Sekhukhune Distriksbrandweer het op die toneel opgedaag nadat die vuur reeds geblus was. Ondersoek word nog gedoen om die oorsaak van die brand vas te stel. Intussen het Koekemoer en sy meisie, Janine na ‘n ander huis geskuif tot die ondersoek afgehandel is.

“Ons is net bly die kinders is nie tydens die brand beseer nie. Behalwe vir al die skade wat gely is, kon dinge soveel erger gewees het,” het me. Johanna Koekemoer, Jacobus se ma, vertel.

Konst. Victoria Maluleka het gerapporteer dat ‘n saak by die Burgersfort Polisiestasie geopen is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button