
MBOMBELA – Ellelange rye het Maandag pasiënte by die Nelspruit Gemeenskapsgesondheidsentrum in Bellstraat behoorlik met hulle hande in die hare gelaat.
Die koerant het verskeie klagtes ontvang nadat van die pasiënte vir langer as 12 uur in die rye gesit het om geholpe te raak. ‘n Pasiënt wat anoniem wou bly het gesê dat, afgesien van die stampvol wagkamers, personeel nietemin ‘n twee uur lange middagete geniet het.
“Van 13:00 tot 15:00 was hier geen beweging nie. Van die verpleërs het ons selfs na Valencia toe weggewys,” het ‘n hoogs ontstoke pasiënt gesê.
Klik hier vir die volledige berig.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
