Hard newsLocal newsNewsNews

Moordsaak is uitgestel

Die saak is na die hooggeregshof verwys.

SABIE – Die saak teen die drie beskuldigdes in die moordsaak van mnr. Koos Kruger, is tot 23 Junie uitgestel ter afwagting van ‘n opdrag van die direkteur van openbare vervolging. Volgens mnr. Velekhaya Mgobhozi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag is daar versoek dat die saak in die Hooggeregshof aangehoor word.

Mnr. Xolani Mnyambo, mnr. Sifiso Rhoo Mathebula en mnr. Given Mangwetani Makhubela het Dinsdag in Sabie se landdroshof op aanklagte van roof, moord en die besit van onwettige vuurwapens verskyn nadat hulle Kruger op 28 Februarie op sy plaas glo aangeval het.

Kruger was ernstig gewond tydens dié voorval toe hy in die arm en sy geskiet is. Hy is op 5 Maart in Mediclinic Nelspruit, ná ‘n geïnduseerde koma, dood.

Die drie verdagtes is op 8 Maart by ‘n huis in Shabalala Trust naby Hazyview in verband met die voorval gearresteer. Borg is nie toegestaan nie en hulle is steeds in aanhouding.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button