Hard newsNewsNews

Verdagtes is skotvry ondanks spanwerk

Twee vermeende diewe het verlede week skotvry daarvan afgekom ondanks 'n verbete spanwerkpoging wat verseker het dat hulle aangekeer is.

Twee vermeende diewe het verlede week skotvry daarvan afgekom ondanks ‘n verbete spanwerkpoging wat verseker het dat hulle aangekeer is.

Die verdagtes wat na vermoede by ‘n winkel in I’langa Mall bokse onderklere gesteel het, is Woensdagmiddag aangekeer.

Mnr. Pierre Nel, ‘n lidmaat van AGS Communio Kerk en

mnr. Charles Mathe, die kerk se sekuriteits-wag, het een verdagte in ‘n hoek vasgedruk en hom grond laat proe.

Mathe werk al verskeie jare as ‘n tuinier by die kerk, en is onlangs as sekuriteitswag aangestel. Hy het met ‘n breë glimlag van die gebeure vertel.

“Daar was ‘n groot geraas van I’langa Mall se kant so teen 15:00. Ek het toe vir Pierre gesien wat vir my gewys het dat hulle na die kerk se kant toe hardloop.”

Pierre het vir Charles geskree om vir hom op die kerk se perseel te wag terwyl hy met sy bakkie een van die mans vasgekeer het.

“Een is vasgetrek maar die ander een het deur die kerk se parkeergebied gehardloop. Werknemers van die winkel het ook uitstekende werk gedoen en die mans van die winkel af tot by die sirkel gejaag. Hulle was baie vinnig,” sê Nel. Die twee helde by die kerk het die ander man aangekeer en vir Bossies Community Justice na die toneel ontbied.

“Toe ons die verdagte beetkry, het jy net onderbroeke sien waai. Dit was ‘n regte goedvoel-oomblik. Nou kan ons ook sê dat ons helde was,” sluit Nel af.

Maar volgens polisiewoordvoerder kapt. Dawie Pretorius is daar nie so ‘n saak by hulle aangemeld nie.

Die bestuurder van die klerewinkel sê die verdagtes is aan die winkelsentrum se sekuriteitspan oorgegee, maar die polisie het so lank geneem om daar uit te kom, dat hy besluit het om nie klagtes te lê nie. Me. Sandi Human, algemene bestuurder by I’langa Mall, sê sy is bewus van die voorval.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button