Hard newsLocal newsNewsNews

Bestuurder ontkom die dood na hy slaggat tref

Een van InYoni-boerdery se vragmotorbestuurders is vandag 'n baie dankbare man.

Op Donderdag 21 Mei was hy vanaf Hectorspruit op die Strydomblokpad onderweg, toe hy nog ‘n voertuig vanuit die teenoorgestelde rigting op die brug by die afrit na Kwa Madwala Lodge teëgekom het.

Hy het nie ‘n diep gat, 800 sentimeter diep en 1,2 meter wyd oor die pad en wat met gras toegegroei is, aan sy kant van die pad gesien nie. Toe die voertuig die gat tref, het hy beheer daaroor verloor en van die brug afgery. Selfs al sou hy die gat kon gesien het, het die feit dat daar aankomende verkeer was, hom nie toegelaat om uit te swaai nie.

Hy het wonderbaarlik aan die dood ontkom met slegs drie steke aan sy kop en ‘n sny aan sy arm. Die vragmotor is egter ‘n wrak, wat groot skade vir die eienaars beteken.

Die pad is al twee jaar lank as gevolg van spoelskade in ‘n skokkende toestand. Dit is herhaardelik aan Openbare Werke gerapporteer, maar daar was nog geen reaksie nie en mense se lewens word daagliks bedreig. Volgens ‘n omstander by die ongeluk, is haar vriendin onlangs tydens ‘n soortgelyke ongeluk op dieselfde plek, oorlede.

Die publiek word gemaan om uiters versigtig te wees wanneer hul hierdie pad gebruik.

Corridor Gazette het Nkomazi Plaaslike Munisipalitiet hieroor genader maar het teen druktyd nog geen reaksie gehad nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button