Hard newsLocal newsNewsNews

Man ‘gelukkig om te leef’ na ontmoeting met muur

'n Vrou wat die aand alleen by haar kinders se huis oorgeslaap het, het wakker geword van die slag.

‘n Man het só groot geskrik toe hy die naweek met sy Daihatsu Terios in ‘n muur vasgery het, dat hy sommer weggehardloop het. Maar, in die haas het hy ook sy waterrekening in sy kar gelos.

In die vroeë oggendure van Sondag is inwoners van West Acres met ‘n slag wakker gemaak toe ‘n man beheer oor sy kar verloor het en tussen ‘n heining en ‘n boom ingery het. Sy voertuig het daar vasgesit, maar hy kon darem by die deur uitklim voor hy op die vlug geslaan het.

‘n Vrou wat die aand alleen by haar kinders se huis oorgeslaap het, het wakker geword van die slag.

“Die man het weggehardloop, maar dit was net omdat hy groot geskrik het,” sê die vrou, wat verkies het om anoniem te bly.

Hy het die volgende dag na die toneel teruggekeer en die inwoners verskoning gevra. Hy het aangebied om vir al die skade te betaal.

Die voertuig het ligte skade aan die onderkant opgedoen toe dit bo-op die klipmuur geland het.

“Die man is baie gelukkig dat hy nie in die boom vasgery het nie, want hy sou sekerlik doodgegaan het,” het die vrou gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button