Local newsNewsNews

Nelspruit Tafelronde terug op die been

Ongeveer vier jaar gelede het die Nelspruitse Tafelronde heeltemal van die radar af verdwyn, maar lede is vuur en vlam om dié organisasie weer op die been te kry.

MBOMBELA – Ongeveer vier jaar gelede het die Nelspruitse Tafelronde heeltemal van die radar af verdwyn, maar lede is vuur en vlam om dié organisasie weer op die been te kry.

“Dit is deel van ons konstitusie dat geen Tafelaar, soos hulle bekendstaan, op enige manier mag baat deur deel te wees van die organisasie nie. Maar, die vriende wat jy opbou, die ongelooflike ondervindinge, en hartskos wat jy kry deur hulp te verleen, bly behoue. Dus word die organisasie en ook elke Tafel deur vrywilligers bestuur. Daar is dan gevalle waar daar net nie mense is wat voorgaan of wat belangstel nie en dan word die Tafel dormant gemaak tot iemand hom weer laat herleef,” sê die voorsitter, Bok van Rooy.

Round table Roundtable Nelspruit 49 is weer een van die aktiewe Tafels en is op 25 Junie tydens ‘n vergadering    amptelik herleef. Daar is dan nege aktiewe Tafels in Mpumalanga, waar mans tussen die ouderdom  van 18 en 40 deur vriendskappe hul doelwitte uitleef en nastreef.

Van Rooy het soveel as moontlik by Tafel 67 in Witrvier geleer, en mense gewerf om saam met hom die projek aan te pak om Mbombela se Tafel weer op die been te bring. Die besluit is in April deur die area goedgekeur om dit te herleef en die beplan-ning het begin.

‘n Tafel-konstitusie is opgestel om seker te maak dat die geskiedenis met sy ontstaan in Maart 1956 voortleef. Dit gaan dus nou op sterk tradisie gebou word om aan te hou voortleef.

Een van Nelspruit 49 se eerste projekte is onlangs afgehandel waar ‘n vrou met twee kinders, wat elke dag 10 kilometer werk toe en terug moes stap, ‘n voertuig ontvang het. Sy het aanhou probeer om by verskeie plekke aansoek te doen en om hulp te vra, maar haar telkens teen ‘n toe deur vasgeloop. Daarom het die Tafelronde besluit om haar te help.

Die organisasie beoog ook om in September en Oktober by Operation Smile betrokke te raak waartydens 100 operasies op kinders met gesplete verhemeltes en lippies in Mbombela uitgevoer sal word.

As jy wil betrokke raak, hulp nodig het of hulp wil aanbied, kan Tafel 49 by Roundtablenelspruit49@gmail.com of 071-672-1000 gekontak word.

Tafelronde gerat vir die winter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button