Video: “Stukkie van der Merwe” ‘n groot gunsteling onder Laevelders
Dit het behoorlik die voete laat jeuk en Laevelders in ligte luim gekry om tot laataand te kuier.

Aan Piet Pompies se oorspronklikheid skort daar min en dat hy enig in sy soort is, is ongetwyfeld ‘n feit.
Dít is die slotsom wat die afgelope naweek gemaak kon word, toe dié voormalige voorsanger van die immergewilde groep, DJ Ossewa, vir drie dae lank by Rango’s opgetree het.
Piet Pompies het onlangs sy eie roete ingeslaan en blitsig naam gemaak in die solo-bedryf. Dit was veral die wegholtreffer, “Stukkie van der Merwe”, wat aan hom bekendheid verwerf het.
Saterdagaand was dié lied weer ‘n hoogtepunt in die Laeveld, maar so ook die een wat gevolg het, naamlik “Zeff”. Dit het behoorlik die voete laat jeuk en Laevelders in ligte luim gekry om tot laataand te kuier.









