‘Dis ek, Anna’ wys binnekort in die Laeveld
Achien Troskie het haar boek onder die skuilnaam Elbie Lötter bekendgestel. Eers ná die boek se oorweldigende sukses het sy besluit om met die sak patats uit te kom.
MBOMBELA – Haar storie het harte aangegryp en oë geopen. Die boek, ‘Dis ek, Anna’ het van die rakke afgevlieg, maar diegene wat hulself nie juis as boekwurms ag nie, sal die drama binnekort op die silwerskerm te siene kry.
Achien Troskie het haar boek onder die skuilnaam Elbie Lötter bekendgestel. Eers ná die boek se oorweldigende sukses het sy besluit om met die sak patats uit te kom.
In die roerende verhaal vertel Anna Bruwer van die jare wat haar stiefpa haar molesteer het. Hy het haar tienerjare basies van haar weggesteel en daarvoor moes hy betaal.
Dié wat die boek gelees het, weet wat gebeur. Vir die res, kyk na hierdie lokprent om te sien wat gebeur.
Teks geskryf deur Tertius Kapp
Regisseur: Sara Blecher
Hoofrol: Charlene Brouwer