EntertainmentEnvironmentalGalleriesLifestyleNewsSportSports galleries

Hindernisse toets hulle staal

Modderswem, duik in yskouewater, klim-en-klouter, spring of gly van hoë plekke af… Dit was net ‘n paar van die interessante oomblikke wat Die Swart Katte-span Saterdag 22 Augustus beleef het. Die dag was uitverkoop en daar was meer as 7 000 mense wat aan die Warrior Race deelgeneem het. “Ons het so twee maande gelede …

Modderswem, duik in yskouewater, klim-en-klouter, spring of gly van hoë plekke af… Dit was net ‘n paar van die interessante oomblikke wat Die Swart Katte-span Saterdag 22 Augustus beleef het. Die dag was uitverkoop en daar was meer as 7 000 mense wat aan die Warrior Race deelgeneem het. “Ons het so twee maande gelede besluit ons pak die hindernisbaan aan, maar het absoluut geen idee gehad wat eintlik op ons wag nie. Warrior Race is ‘n fantastiese byeenkoms. Jy kan besluit of jy net wil gaan vir spanbou en of jy nou heel ernstig wil kompeteer. Daar is verskillende kategorieë waaraan jy kan deelneem. Ons klompie het maar vir eers besluit op die rookie race en dan maar oefen om die ander bane te doen. Die baan was 6,5km lank en daar was 15 hindernisse,” het Joanie Swanepoel, een van die spanlede vertel. Spanwerk is hier van uiterste belang, en dan volg fiksheid.
“Ons het mekaar aangemoedig wanneer die gemoedere laag was, saamgelag toe ons vassit in die modder, en die beste van alles was om saam te kon klaarmaak. Moeg is ‘n understatement, maar tevrede is ons definitief. Vir enige persoon wat hou van die buitelewe en opwindende aktiwiteite, is hierdie ‘n moet,” het Swanepoel gesê. Daar word in September weer so ‘n kompetisie in die Kaap gehou. Die span oefen nou al reeds vir die volgende Warrior Race gedurende November in Gauteng en wil graag meer Onderbergers saamneem. Die span het bestaan uit Shanel Louw, Christo Louw, Eugene Louw, Ignatz Janse van Rensburg en Joanie Swanepoel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button