Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

FOTO’S: Pa’s kry kans om dogters met ontbyt te bederf

Hoërskool Nelspruit het verlede Saterdag 'n glansontbyt vir pa's en hul dogters aangebied. Jak de Priester het ook 'n verskyning gemaak. Hier is die foto's.

MBOMBELA -Kanker het een dogter se ma op ‘n jong ouderdom van haar afgeneem. Die tragedie het die dogter en haar pa se verhouding opnuut versterk en sy kon met nuwe oë sien hoe belangrik ‘n pa in ‘n dogter se lewe werklik is.

Juis dáárom het die 17-jarige René Bekker, as deel van haar KANSA Debutanteveldtog, Saterdagoggend ‘n spesiale pa-en-dogter-ontbyt by Hoërskool Nelspruit (NHS) aangebied. Die dag se spesiale gas was Jak de Priester, wat self die pa van twee klein woelwaters is. Sowat 250 mense het die geleentheid bygewoon.

Enigiemand was welkom by die ontbyt, die uitnodiging was nie beperk tot leerlinge en hul pa’s nie. René se ma, Liezel Bekker, was ‘n onderwyser by dié skool. Sy is in 2001 met borskanker gediagnoseer en in 2007, toe René in gr. 2 was, is sy oorlede. Maar, sê die dogter, uit elke tragedie kom ‘n stukkie vreugde.

In 2008 het René se pa, Renier, met ‘n ander sprankelende, jong NHS-juffrou getrou en sy het twee sussies ryker geword.

“My tyd saam met my ma was kort, maar in dié tyd het sy vir my baie geleer,” het René tydens ‘n huldeblyk aan haar ma gesê. “Sy het my geleer om te droom en om die belangrike dinge in die lewe – soos vriende, familie en vreugde – te waardeer.”

Die ontbyt het R100 per persoon gekos en al die fondse wat tydens die geleentheid ingesamel is, is as René se bydrae tot die KANSA Debutante-projek ingeskryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button