EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNews

Samesyn en groot pret heers by Doppermark

Die doel was om fondse vir die kerk in te samel.

LYDENBURG – Die Gereformeerde Kerk het die afgelope naweek ‘n baie suksesvolle Doppermark by die NG Moedergemeente se saal gehou.

Die doel was om fondse vir die kerk in te samel. Die geleentheid het Vrydagaand met ‘n toutrekkompetisie begin. Saterdagoggend het lidmate hulle stalletjies opgeslaan en die gemeenskap het in groot getalle opgedaag om die mark te ondersteun. Gedurende die dag is daar lekker gekuier, inkopies gedoen en soos gewoonlik heerlik gesmul.

Daar was ook geen tekort aan vermaak vir die jongspan nie en die groot hoogtepunt was natuurlik oom Karoolus en Lente.

Volgens Eltie Aucamp van die kerk, was dit inderdaad ‘n groot sukses.

“Ons is dankbaar vir die ondersteuning wat ons van almal tydens ons jaarlikse fondsinsameling ontvang het. Alles het goed gegaan en dit was ‘n wonderlike geleentheid.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button