Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Foto’s: Blouwillem vier Afrikaans se 90 jaar

Afrikaans se 90ste bestaansjaar is by Huis Herman Davin gevier.

MBOMBELA – Afrikaans as amptelike taal is vanjaar 90 jaar oud. Hierdie mylpaal is Saterdagaand tydens ‘n glansgeleentheid by Huis Hermann Davin, Hoërskool Nelspruit se seunskoshuis, in eg Afrikaanse tradisie gevier.

Lees meer oor Blouwillem hier: Oud-spioen laat aap uit die mou

Willem Botha, beter bekend as die rubriekskrywer Blouwillem, was die aand se eregas. Met sy onmiskenbare humorsin het hy vir meer as 200 mense van die wonders van Afrikaans vertel. Hy het diep in sy argief gedelf om stories te vertel, van sy vriend wat ‘n dokter moes omkoop om skriftelik aan sy pasiënt se vrou te vertel dat dié nog heel bekwaam is om “katelaktiwiteite” uit te voer, tot die dominee wat ongemaklike huis- besoeke moes aflê.

Ander sprekers was NHS se departementshoof vir Afrikaans, Retha Smit en seremoniemeester, Johan Hattingh.

“Ons taal is só jonk en het tog alreeds ‘n ryk geskiedenis,” het Smit vertel. “Nogtans hang die toekoms van die taal van ons af as die ware Afrikaners.”

Haar boodskap was eenvoudig. Afrikaans is ‘n unieke taal wat steeds besig is om te ontwikkel. Juis daarom moet ons elkeen ons rol speel om dit te laat oorleef.

Dink volgende keer daaraan as jy huis toe gaan en vir jou ‘n lekker steak en mushroom-sous maak.

Die aand is deur die Dameskring en die Afrikaner Broederbond gereël.

Die gehoor is met die soet klanke van die Sempré Vino-koor, Walter Fourie en Hanneleen Brits getrakteer. Tobias Kruger en Erna Visagie het deurentyd die klawerbord behartig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button