EntertainmentLifestyleNews

Sneeukoningin binnekort in die Laeveld te sien – in Afrikaans!

Hierdie rolprent is aan die einde van Oktober in teaters landswyd te sien.

Die Sneeukoningin (The Snow Queen) is ‘n internasionale animasiefilm wat in teaters landswyd te sien sal wees. Die eerste vertoning vind op 30 Oktober plaas.

Die film is gebaseer op die oorspronklike feëverhaal deur Hans Christian Andersen, wat in 1845 gepubliseer is.

Die nuwe aanpassing sal die stemme van Heidi Mollentze, Pierre Breytenbach, André Stolz, Melt Sieberhagen en vele meer bevat.

Die storie gaan oor Gerda en haar boetjie Kai wat tussen goed en kwaad moet baklei. Die Sneeukoningin wil ‘n wêreld hê waar dit net die heeltyd winter is – waar die ysige Poolse winde die mense se siele en emosies laat vries. Die hele Aarde is met sneeu bedek en die koningin beplan om alle vorme van kuns ook te vernietig…

Die pragtige natuurtonele, klassieke storie en hoëgehalte-animasie maak hierdie ‘n avontuur wat die gehoor op die punt van hul stoele sal laat sit.

Die film word deur Indigenous Film Distribution versprei.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button