EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNews

Hartsnare gaan klankkleure skilder

Veteraanliedjieskrywer en -sanger, Jannie du Toit en Susan Mouton bring hul produksie Hartsnare na De Ark-kunstefees op Saterdag 3 Oktober om 20:00.

LYDENBURG – Veteraanliedjieskrywer en -sanger, Jannie du Toit en Susan Mouton bring hul produksie Hartsnare na De Ark-kunstefees op Saterdag 3 Oktober om 20:00.

Jannie het geen bekendstelling nodig nie. Susan is die hooftjellis van die Johannesburgse Filharmoniese orkes. Saam skilder hulle in dié program met die wonderlike klankkleure wat die kombinasie van tjello, kitaar en stem kan bied. Hulle bekoor met Jannie se eie liedjies maar ook met die werk van Christa Steyn, Lucas Maree en ou viende wat baanbrekers van stylvolle Afrikaanse musiek was. Ook immergroen-gunstelinge uit Jannie se jeugjare soos “Op My Ou Ramkiekie”, liedjies van die Beatles, Paul Simon en Jacques Brel.

Hartsnare word in die Bonaparte-teater aangebied en dit kos R150 per persoon. Bespreek by www.dearkguesthouse.co.za of skakel 013-235-1125.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button