Local newsNewsSport

Wie gaan gesogte trofee wen?

Daardie jaar het hy die eerste speler geword wat die Alfred Dunhill Kampioenskappe en sy susterstoernooi, die Alfred Dunhill Links Kampioenskap kon wen. Die Laeveld se eie gholfsensasie, Thriston Lawrence, gaan ook in aksie wees

Die Suid-Afrikaanse major-wenners, Louis Oosthuizen én Charl Schwartzel sal die naweek tydens die Alfred Dunhill Kampioenskap op Leopard Creek koppe stamp. Die 19de gekeurde speler op die wêreldranglys, Branden Grace, is ook terug om sy titel te verdedig nadat hy verlede jaar die toernooi met 20 houe onder baansyfer gewen het.

Daardie jaar het hy die eerste speler geword wat die Alfred Dunhill Kampioenskappe en sy susterstoernooi, die Alfred Dunhill Links Kampioenskap kon wen. Die Laeveld se eie gholfsensasie, Thriston Lawrence, gaan ook in aksie wees.

Hy het verlede jaar nie die afsnypunt oorleef nie, maar is vol vertroue om ‘n nuwe blaai om te slaan.

Schwartzel word as een van die gunstelinge beskou nadat hy die toernooi reeds drie keer vantevore in 2004, 2012 en 2013 gewen het en vier keer as naaswenner van die baan gestap het. “Dit is beslis een van my gunstelingbane en ek het voorheen sukses hier geproe,” het die 2011-meesterswenner op die Alfred Dunhill-webblad gesê.

Net Oosthuizen se naam is nog nie op die trofee graveer nie. Hy was die naaswenner in 2005 en 2014.

“Dit voel half of die baan my iets skuld. Dit is beslis een van my topbane in Suid-Afrika. Om in die natuur te kan speel, is baie spesiaal.”

Hierdie toernooi het ‘n hupstoot aan veral Adam Scott, Justin Rose en Schwartzel se loopbane gegee nadat Scott sy eerste professionele titel hier in 2001 verower het, Rose in 2002 en Schwartzel in 2004.

Dié toernooi wat as een van die land se mees gerekendes bekendstaan, vier vanjaar sy 15de verjaarsdag.

Toegangsfooie: 26 tot 29 November, R50 per persoon of R100 vir al vier dae. Kaartjies kan voor die tyd by www.ticketpro.co.za of by die hek gekoop word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button