Hard newsLocal newsNewsNews

AfriForum toets kwaliteit van water in die dorp

AfriForum Lydenburg het Woensdag sy jaarlikse toetse gedoen om die kwaliteit van die dorp se water te bepaal.

LYDENBURG – AfriForum Lydenburg het Woensdag sy jaarlikse toetse gedoen om die kwaliteit van die dorp se water te bepaal.

Dié organisasie het verskeie monsters by onder andere die Dorpsrivier, die Sterkspruit wat uit die dorpsdam loop en ook drinkwater by Hoërskool Lydenburg gedoen.

Die hoeveelheid nitrate in die water is ook bepaal na die monsters versamel is. By Sterkspruit was die nitrate binne grense, maar in die Dorpsrivier was die uitslae aansienlik hoër as wat normaal moet voorkom.

Die koerant het mnr. Leon de Jager en mnr. Erich Venter van AfriForum vergesel toe monsters van die water geneem is. By die Dorpsrivier is afgekom op rou riool wat uit ‘n mangat borrel. Dit is duidelik dat die riool direk in die rivier inloop.

Verskeie monsters is ook geneem om vas te stel of daar enige E.coli of fakale besmetting is. Die uitslae van dié toetse sal egter eers na 48 uur bekend wees.

“Indien daar tekens is van E.coli en fakale besmetting sal die monsters na AfriForum se laboratorium gestuur word. Indien nodig sal daar weer verdere monsters in gesteriliseerde bottels geneem word om die presiese hoeveelheid besmetting vas te stel,” verduidelik De Jager.

Die burgerregte-organisasie meen dit toets dorpe se water as gevolg van die toename in onbehandelde riool wat in riviere en damme vloei tydens ‘n droogtetydperk.

Die organisie glo ook dat die regering die grootste besoedelaar van Suid-Afrika se water is deurdat 3 642 miljoen liter riool – wat nie aan toepaslike gesondheidstandaarde voldoen nie – in riviere en damme gestort word.

Volgens AfriForum se webwerf verloor munisipaliteite meer as 40% drinkwater weens lekkasies en word hulle nie verantwoordbaar daarvoor gehou nie.

“Slegs 25 persent van drinkwaterstelsels voldoen aan Bloudruppelregulasies en voorsien dus gesonde drinkwater op ‘n volhoubare basis aan mense.

“Slegs 21 persent van die stelsels het oor die nodige aantal toesighouers beskik in terme van die voldoening aan diensvereistes, terwyl 66 persent deur toesighouers bestuur word wat nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie.”IMG_9735

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button