NewsSchool sportSchoolsSport

BHS-atlete presteer puik by provinsiale kompetisie

Hoof van BHS, Pieter Ferreira het die atlete en hul afrigter, Hester Viljoen. hartlik gelukgewens.

Agt atlete van Hoërskool Barberton het onlangs aan die jaarlikse Mpumalanga-atletiekkampioenskappe op Secunda deelgeneem en die hoof van BHS, Pieter Ferreira het hulle en hul afrigter, Hester Viljoen, hartlik gelukgewens.

Van die besonderse prestasies wat behaal was, was soos volg:

1. Marlouise Geyer, dogters o/15-gewigstoot – 9,34m, negende plek
2. DJ Raulstone, seuns o/17-driesprong – 13,48m, derde plek (brons)
3. DJ Raulstone, seuns o/17-verspring – 6,33m, vierde plek
4. Corlia van der Merwe, dogters o/17-spiesgooi – 35,68m, vierde plek
5. Corlia van der Merwe, dogters o/17-verspring – 5,09m, tweede plek (silwer)
6. Sharné Landman, dogters o/19-spiesgooi – 28,40m, tweede plek (silwer)
7. Sharon Smit, dogters o/17-hamergooi – 24,30m, eerste plek (goud)
8. Anrie van der Merwe, dogters o/19-verspring – 5,03m, vierde plek
9. Anrie van der Merwe, dogters o/19-100m H – 15,86sek., eerste plek (goud)
10. Banele Shabangu, dogters o/15-100m – 12,68sek., tweede plek (silwer)
11. Banele Shabangu, dogters o/15-hoogspring – 1,50m, tweede plek (silwer)
12. Banele Shabangu, dogters o/15-200m – 26,40sek., eerste plek (goud)
Banele neem as o/14-dogter deel in die o/15-kompetisie.

Die volgende atlete het ook gekwalifiseer om aan die komende SA Kampioenskappe deel te neem:
• SA Mpumalanga-skolespan – Na SA Skolekampioenskappe in Bloemfontein:
Anrie van der Merwe, DJ Raulstone en Banele Shabangu.
• Mpumalanga Junior span na SA Juniorkampioenskappe in Germiston:
Corlia van der Merwe en Banele Shabangu.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button