Hard newsNews

Spoorweg-inwoners moeg vir stink riool probleem

n Inwoner van een van die spoorweghuise beweer dat die drinkwater onlangs besmet is. Haar kleinseun het vreeslike maagaandoenings gekry nadat hy dit gedrink het. Inwoners kan ook nie langer die stank van rioolafvoering naby die huise hanteer nie

BURGERSFORT – ‘n Inwoner van een van die spoorweghuise beweer dat die drinkwater onlangs besmet is. Haar kleinseun het vreeslike maagaandoenings gekry nadat hy dit gedrink het. Inwoners kan ook nie langer die stank van rioolafvoering naby die huise hanteer nie.

Vanaf 1 tot 4 Maart het dele van die dorp geen water of elektrisiteit gehad nie toe toerusting by die Eskom-substasie tydens ‘n storm beskadig is. Die spoorweghuise, geleë in Dirk Winterbachstraat oorkant die polisiestasie, het wel elektrisiteit vir die vier dae gehad, maar geen water nie. Teen

6 Maart is die watertoevoer herstel, maar me. Judy Schoeman vertel dat dit bruin van kleur was en na urine geruik het.

“My kleinseun het van die vuil water gedrink en het daarna begin kla van maagkrampe. Hy het ook naar geword. Ons het dadelik geweet dit was as gevolg van die vuil drinkwater. Hy kon nie eens skool bywoon nie. Teen die middag was die water weer skoon en helder,” sê Schoeman.

Die water- sowel as die rioolpomp is naby die spoorweghuise geleë. Volgens die inwoners werk die rioolpomp al vir ‘n paar maande nie, wat veroorsaak dat menslike ontlasting en afval in ‘n stroom na ‘n oop veld agter die huise vloei. Hulle meen ook dat die pype te na aan die waterpomp is wat veroorsaak dat riool met die skoon drinkwater meng.

Schoeman vertel dat die stank van die afloopriool iets aakligs is en dat die wind die reuk na hulle huise toe waai. Sy is besorg oor die gesondheidsrisiko wat dit kan inhou. Volgens haar is die probleem aan die Groter Tubatse Munisipaliteit (GTM) gerapporteer, maar geen terugvoering is ontvang nie.

GTM se woordvoerder, mnr. Thabiso Moekena, vertel dat die streeksmunisipaliteit verantwoordelik is vir die dorp se water-, sanitasie- en dreineringstelsel. Inwoners moet die Sekhukhune Streeksmunisipaliteit oor dié probleem skakel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button