Jaarlikse kerkbasaar weer ‘n reusesukses
OHRIGSTAD – Met soveel te kies en te keur, moes mense sukkel-sukkel om hulle beursies toe te forseer om nie ietsie van alles te koop nie. Die NG Kerk se jaarlikse basaar het alle verwagtinge oortref. Vir so ‘n klein dorpie is dit verbasend dat mense van só ver gekom het om dit by te …
OHRIGSTAD – Met soveel te kies en te keur, moes mense sukkel-sukkel om hulle beursies toe te forseer om nie ietsie van alles te koop nie.
Die NG Kerk se jaarlikse basaar het alle verwagtinge oortref. Vir so ‘n klein dorpie is dit verbasend dat mense van só ver gekom het om dit by te woon.
Dit was ‘n jolige byeenkoms met die geur van pannekoek en sosaties in die lug, goeie musiek in die agtergrond en kinders wat met geverfde gesiggies rondhardloop.
Mense het rustig in die teetuin gesit en tuisgebakte geregte geniet terwyl die manne gewys het hoe om te skyfskiet.
‘n Groot trekpleister was die veiling waar van varke tot broodbome, ‘n pophuis en ‘n bad, om net ‘n paar te noem, verkoop is. Maak volgende jaar ‘n punt daarvan om dié fondsinsamelingsprojek van die kerk te ondersteun, dit is die moeite werd.
















