Hard newsNews

Motorfietsryers bring hulde aan ontslape vriend

'n Roerende toneel het hom verlede week afgespeel toe 'n groep motorfietsryers aan hul ontslape vriend hulde gebring het.

Hulle het besluit hulle het genoeg daarvan gehad dat hul gedenkbeeld vir Henry Goosen weggedra word, en ‘n meer permanente huldeblyk aangebring.

Goosen is in Mei in ‘n fratsongeluk op die R40 oorlede. Hy was in die rigting van Witrivier onderweg toe sy motorfiets die agterkant van ‘n minibus taxi getref het, net voor die afdraai na die skougronde.

Lees ook: Another biker dies in Mbombela accident

Sy suster, me. Yolandie Schoultz het aan Nelspruit Post gesê sy en haar ma het gereeld blomme op die toneel op die brug tussen die BP-vulsta01sie in Riverside en City Centre neergesit, maar dit is net so gereeld weer deur verbygangers weggedra.

Die De la Rey Motorfietsklub waaraan Goosen behoort het, het toe besluit om ‘n meer permanente huldeblyk aan te bring. Lede het Woensdagaand, 24 Augustus ‘n kruis op die reling langs die pad vas gesoldeer.

“Nou sal mense onthou dat hier iets gebeur het,” het Schoultz gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button