Local newsNews

Nuwe boek oor hoe om verhoudings te verbeter en te laat groei

Elize Parker se nuutste boek bied troos vir die lewe se verhoudingseer en raad oor hoe om met moeilike mense in jou lewe te werk sowel as om liefdes-, vriendskaps- en kerkverhoudings op te knap en in stand te hou.

MBOMBELA – Dit het Elize Parker, omgewingsjoernalis by Laevelder, sowat 13 maande geneem om die meer as 130 000 woorde vir haar 27ste boek, Om Jesus te ken – hoe verhoudings kan groei met Jesus in beheer, te skryf.

Dit is Saterdag amptelik by die FAK Liedjietuin by die Voortrekkermonument in Pretoria bekendgestel. Hierdie dagstukkieboek wat deur Struik Christelike Media uitgegee is, kyk na hoe jy verhoudings kan verbeter en laat groei deur Jesus die leiding te laat neem.

Hierdie verhoudings sluit in die band tussen ouers en kinders, met familielede, kerkvriende, die gemeenskap en vriende. Heel belangrikste, jou verhouding met God.

Parker, wat ook die troostante van die bekende tydskrif Huisgenoot is met haar verhoudings-kolom, Liewe Elize, sê dat die gedagte by haar ontstaan het toe sy telkens gelees het hoeveel verhoudingsraad Jesus uitgedeel het en hoe ingestem Hy daarop was om waardes aan te gee wat verhoudings kan laat verbeter.

“Dink maar net aan die groot liefdesgebod of die raad om jouself lief te hê en die moeilike stukkie raad om 70 maal sewe te vergewe!” sê Parker. Die boek is in 365 dae verdeel waarin 52 verskillende verhoudingstemas, soos hoe om jou verhoudings met moeilike mense soos jou skoonfamilie te verbeter.

Elke dagstukkie sluit ‘n gebed, teksverse en verdere leeswerk in, sowel as ‘n praktiese geloofstap om te neem.

Dit bied ook toepassingsleutels tot vervullende verhoudings soos hoe om jou hartswonde deur God te laat herstel, om ferm te staan teen baasspelerige mense en leierverhoudings soos Jesus te hê.

Parker spesialiseer ook in Christelike fiksie en het twee drie-in-een-reekse laat verskyn, naamlik Offerkind waarvan die drie boeke onlangs in ‘n omnibus die lig gesien het en Damaskusgangers  waarvan Soos sagte kerslig die tweede boek in die reeks was.

 

Van haar boeke is ook in Engels beskikbaar soos Prayers for the heart and promises for the soul wat vanjaar gedurende Paasfees verskyn het.

“Ek is ‘n gelukkige en vervulde mens. Uit my sokkies geseën!

“Ek is lief vir die Here, skryf, mense en Afrikaans. Met my boeke kry ek die geleentheid om al hierdie liefdes tegelykertyd uit te leef.”

Om Jesus te ken is in boekwinkels teen R250 beskikbaar. Ook as e-boek: https://amzn.to/2cJHWch

Lees ‘n uittreksel hier: https://bit.ly/2c4Oh3h

Elize Parker

Elize Parker

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button